24 May, 2018

280898 afrisake logo dc5930 original 1527171510

Unieke konferensie: Is jou onderneming “staatsbestand”?

Op 5 Junie trek Afrikaanse sakelui in Pretoria saam vir ‘n belangrike strategiese gesprek: hoe om besigheid staatsbestand te maak. En lesers van Maroela Media kwalifiseer vir 50% afslag om dit by te woon.

Die geleentheid is die sakeorganisasie, AfriSake, se halfdagkonferensie getiteld “Vooruitsigte vir staatsbestande sake – hoe ondernemings kan slaag wanneer die staat misluk.”

280899 afrisake vooruitsigte 600x600 8e71dc original 1527171831

Internasionale ekonome en top plaaslike kenners soos Frans Cronje, Dawie Roodt en ander gaan by dié geleentheid praktiese antwoorde bied oor hoe ondernemings kan slaag wanneer die staat in sy take misluk. Die spyskaart is uitgebreid: Van historiese voorbeelde tot die jongste tegnologie. Van privaat geskilbeslegting tot alternatiewe energie. Hoe sakelui hul ondernemings kan beskerm en self ‘n goeie sake-omgewing kan skep, as die staat dan nie daarin slaag nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê die staat voldoen nie aan sakelui se redelike verwagtinge nie: “Die rol van ‘n staat is om ‘n gunstige omgewing vir besigheid te skep. Wet en orde, stabiele geldeenheid, infrastruktuur, howe, ensovoorts. Maar die teenoorgestelde gebeur: dis onteiening, randverswakking, swart ekonomiese bemagtiging, minimumlone, kwotas, nasionalisering van die Reserwebank, mislukte staatsondernemings soos Eskom en South African Airways, ensovoorts.”

Le Roux sê AfriSake glo die inisiatief vir samewerking lê by sakelui: “AfriSake dink die ekonomie is te belangrik om aan politici oor te laat. Dit is in almal se belang dat ‘n gunstige sakeomgewing geskep word. As die staat nie die wil of vermoë het om dit te doen nie, dan help dit nie om net te kla nie. Dan moet sakelui inspring en self ‘n gunstige omgewing vir besigheid skep: een wat staatsbestand is.”

Die program en sprekers sluit in:

  • Hoekom jy jou sake staatsbestand moet maak (Dr. Frans Cronje, Uitvoerende hoof: Instituut vir Rasse-aangeleenthede)
  • Die voordele van mededinging tussen state (Prof. Philipp Bagus, Professor in Ekonomie: Universiteit Rey Juan Carlos in Spanje; ontvanger van die 2016 Ludwig-Erhard-Preis)
  • Nie staatsbestand nie: Lesse uit Zimbabwe (Russell Lamberti, Stigter: ETM Macro Strategists; medeskrywer: When Money Destroys Nations – How hyperinflation ruined Zimbabwe)
  • AfriSake se visie vir ‘n selfstandige sakegemeenskap (Piet le Roux, Uitvoerende hoof: AfriSake)
  • Staatsbestande geld (Dawie Roodt, Hoofekonoom: Efficient-groep)
  • Staatsbestande identiteit en reputasie (Schalk Dormehl, Medestigter: Octobase; kettinglêer-/blokkettingkenner)
  • Staatsbestande geskilbeslegting (John Brand, Spesialis: alternatiewe geskilbeslegting)
  • Staatsbestande elektrisiteit (Prof. Willie Cronje, Alstom-stoel vir skoon energiestelseltegnologie: Wits)
  • Staatsbestande korporatiewe strukture (Jacques Classen, Prokureur; Spesialis: eiendomsreg en administratiefreg)

Laaste besprekings vir AfriSake se konferensie word steeds aanvaar. Dit vind plaas op 5 Junie in die Atterbury Teater in Pretoria. Die koste vir AfriSake-lede is R250 en vir nie-AfriSake lede R850.

Lesers wat via Maroela Media registreer kwalifiseer vir 50% afslag deur “Maroela Media” te gebruik as verwysing op die registrasieblad.

 

Besoek www.staatsbestand.co.za om jou sitplek te bespreek.