18 March, 2019

306625 afriforum logo 394aee original 1552898133

#AnkerdorpPadskou Rustenburg

 

“Hierdie is die eerste van nog vele aksies deur die loop van die maand, waarmee AfriForum beplan om hoop in Rustenburg te skep en die gemeenskap op te hef,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder vir Marico.

 

Op 4 Maart 2019 het AfriForum se teenboelieveldtogspan by Laerskool Rustenburg en Laerskool Vastrap in Rustenburg besoek afgelê. Die teenboelieveldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

 

AfriForum, in samewerking met Mongola Trading Enterprises, het ook op 9 Maart 2019 slaggate in Rustenburg gevul. AfriForum se Rustenburg-tak het R37 500 (12,5 ton) se teer vir die projek aangekoop. Ten spyte van gure weer kon die span 106 slaggate, oftewel ’n oppervlakte van 28,6 m2, vul. Vir hierdie fase is vier ton se teer gebruik.

 

“Dit was iets besonders om al die vrywilligers met hul bakkies en toerusting te sien – bereidwillig om hul Saterdag op te offer en Rustenburg se paaie weer mooi te maak,” sê Steinberg.

 

Die Rustenburg-tak versoek dat alle vrywilligers weer op Saterdag 16 Maart 2019 om 08:00 by die munisipale swembad bymekaarkom vir fase twee van dié slaggatprojek.

 

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by die #AnkerdorpPadskou betrokke te raak. Vir meer inligting, besoek gerus die webtuiste by www.ankerdorp.co.za.

306622 rustenburg%20se%20span 8fb1d4 large 1552897710
306621 afriforum%20en%20rustenburg%20staan%20op%20teen%20boelies 80f874 large 1552897709