25 March, 2019

307354 aramex logo f633f7 original 1553254946

Aramex is die nuwe eksklusiewe logistieke borg vir die spoggerige World Schools Festival

Aramex, een van die mees bekende internasionale verskaffers van logistieke- en vervoeroplossings, is hierdie Maart in huishoudings reg oor Suid-Afrika. Die organiseerders van die hoogs suksesvolle World Schools Festival het hul vennootskap met Aramex aangekondig. Dié maatskappy is die eksklusiewe logistieke borg vir die 2019-toernooi wat op Paul Roos Gimnasium se Markotter-sportgronde in Stellenbosch, Wes-Kaap vanaf 25 tot 30 Maart plaasvind.

 

Die internasionale skolerugby-glansgeleentheid bestaan weer hierdie jaar uit 10 van die top rugbyspanne in Suid-Afrika en 10 van die beste spanne reg oor die wêreld wat jong spelers die kans gee om hul talent te wys op die veld.

 

Die World Schools Festival is die produk van voormalige Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, en voormalige Hoër Jongenskool Paarl-afrigter, Sean Erasmus, en het in April 2018 sy buiging gemaak. Deelnemers was baie tevrede met die sukses van die eerste toernooi en is opgewonde oor die reaksie van die oorsese spanne wat hierdie jaar gaan deelneem.

 

Aramex is trots om met dié spog toernooi geassosieer te word wat jong, talentvolle rugbyspelers die geleentheid gee om hul rugbyvernuf op te meet teen van die beste rugbyspelers in hul ouderdomsgroep in die wêreld.

 

As ʼn maatskappy, glo Aramex dat mense hul grootste en belangrikste bate is en dus moedig hulle kreatiwiteit, innovasie en entrepreneurskap aan.

 

Aramex is gestig in 1982 en vier dus sy 37ste jaar van suksesvolle handeldryf in 2019. Die maatskappy het vinnig gegroei tot internasionale status met ʼn handelsmerk wat oor die wêreld heen herken word vir innoverende multiproduk-aanbiedings. Aramex het meer as 17 000 werknemers in diens in meer as 600 liggings wat strek oor 70 lande wat ʼn sterk wêreldwye netwerk-alliansie bied. Sy eksklusiewe Suid-Afrikaanse aanbieding, die Store-To-Door-koerierdiens, het hom ʼn gevestigde naam gemaak in die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie diens verbind Suid-Afrikaners reg oor die land deur middel van die ikoniese rooi Aramex Dropbokse wat te sien is in Pick n Pay en Fresh Stop-winkels landwyd.

 

“Our aim is to continuously reinforce our position as one of the top global logistics and transportation companies by expanding our worldwide network, by innovating solutions to meet customers’ evolving needs and serving our communities” sê Suid-Afrikanse Bemarkingbestuurder Andre Cronje. “We are delighted and proud to be the exclusive logistics sponsor to host the second edition of this exciting rugby festival! Aramex in collaboration with hosting school Paul Roos Gymnasium look forward to welcoming the world’s most promising young rugby players.”

 

Gasheerskool, Paul Roos Gimnasium, saam met SACS Hoërskool, Grey Kollege, Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies), Monument Hoërskool, Paarl Gimnasium, Boland Landbou en Hilton Kollege sal weer hierdie jaar op die veld te sien wees nadat hulle verlede jaar beïndruk het by die eerste toernooi. Die plaaslike skole het gedomineer tydens hul vertoning in 2018 en het agtien van die twintig wedstryde gewen teen die res van die wêreld se panne. Hulle sal dus die Suid-Afrikaanse vlag hoog wil laat wapper wanneer die 2019-toernooi afskop.

 

Die World Schools Festival is ʼn platform waar rugby saam met tradisionele waardes gevier word en is vinnig besig om een van die beste wêreldwye byeenkomste van skooltalent te word. Aramex sien die waarde in hierdie toernooi en glo in die etos van die organiseerders sowel as wat dit vir rugby kan beteken in Suid-Afrika.