01 October, 2019

270211 afriforum vk 3dbaa3 large 1516609603

AfriForum se #AnkerdorpPadskou in Krugersdorp sluit op hoë noot af

AfriForum het sy #AnkerdorpPadskou op 19 September 2019 in Krugersdorp afgesluit in die wolke.

Ná die eerste twee weke se produktiewe aksies het die Krugersdorp #AnkerdorpPadskou van krag tot krag gegaan met die volgende aksies wat voltooi was. Promosieitems is vir die gemeenskap van Krugersdorp uitgedeel en op 13 September 2019 is daar 30 bome by Fora (Friends of Rescued Animals) geplant wat deel vorm van AfriForum se nasionale boomplantmaand.

AfriForum se #AnkerdorpPadskou bou op die besef (gestaaf deur Solidariteit  se navorsing) dat Afrikaners na 30 dorpe in Suid-Afrika migreer, waar basiese dienslewering en behoeftes – soos gesondheidsdienste, veiligheid, versorging van bejaardes, skoon water en instandhouding van sanitasie – binne bereik is. AfriForum het dus besluit om dié gemeenskappe te wys hoe ons as Beweging, maar ook as burgerregte-waghond, die beginsel van selfdoen aanmoedig en self moue oprol om ons dorpe op te hef.

AfriForum het ook by die Afrikaans in wolke-fees gaan kuier wat deur Hoërskool Noordheuwel georganiseer is en voel geëerd om as ʼn borg van hierdie wonderlike inisiatief te kon optree.

“Die #AnkerdorpPadskou is ʼn wonderlike inisiatief om gemeenskappe bewus te maak van selfstandigheid en ook so trots te kweek onder gemeenskapslede op die dorp waar hulle woon,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistent- distrikkoördineerder vir Gauteng-Suid.

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by die #AnkerdorpPadskou betrokke te raak. Vir meer inligting, besoek gerus dié inisiatief se webtuiste by www.ankerdorp.co.za.

 

Dewet Ungerer

Assistent Distrik koördineerder: Gauteng-Suid

AfriForum

Sel: 081 300 6815